News

Clarke in kritieke toestand na ongeluk

Die omstrede Brian Clarke is in 'n kritieke toestand in die provinsiale hospitaal na 'n ongeluk in die vroeë oggendure.

Die ongeluk het omstreeks 2:40 naby die Sasol Garage langs die N11 (Loskop) plaasgevind.

Dit is nog onduidelik hoe die ongeluk plaasgevind het maar dit blyk dat net Clarke se BMW betrokke was. Hy is in bewustelose toestand deur ER24 na die Middelburg provinsiale hospitaal gehaas.

Een van Clarke se vriende sê hy het verneem dat sy toestand kritiek is en “hy is nog bewusteloos.”

Clarke het al verskeie kere met die gereg gebots na veral klagtes van aanranding. Hy het ookal gedreig om joernaliste by hulle kantoor te skiet maar is oortuig om sy planne te laat vaar.

Onlangs het, ‘n inwoner van die Oos-Kaap by www.mobserver.co.za gekla dat Clarke ‘n motorfiets by hom gekoop het sonder om die betaling te doen.

Die motorfiets is later weer verkoop.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button