News
Bakkie bars deur heining na botsing met Blue Ribbon trok
Drie voertuie en ’n heining is erg beskadig, na ’n botsing vroeg Sondagoggend tussen ’n Blue Ribbon afleweringstrok en ’n Fidelity ADT bakkie.

Volgens Marnus Uys van Noodroep Radiogroep Sektor 3, het die ongeluk om 06:30 Sondagoggend op die hoek van Boncker- en Weeberstraat plaasgevind.

Hoewel die omstandigehede rondom die ongeluk onduidelik is, sê mnr. Uys dat die Fidelity ADT bakkie deur die heining gebars het, nadat die Blue Ribbon trok teen die bakkie gebots het. ’n Mercedes-Benz is in die proses beskadig.

Die betrokkenes is gelukkig net lig beseer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
