News

Polisie weet waar “Brian” hom bevind

Die polisie het bevestig dat daar nog geen arrestasies in die moord van mnr. Louie van der Ahee gemaak is nie.

Volgens kolonel Donald Mdluli vorder die ondersoek en sal die dossier eersdaags na die hof verwys word vir beslissing.

Mnr. Van der Ahee is verlede Sondag in sy kamer op Hermansdal Landgoed aangerand.
Hy is die volgende Woensdag dood, nadat sy skedel oopgesny moes word om die drukking op sy brein te verlig, na die aanranding.

Voor sy dood het hy ’n afgryslike video op sy selfoon geskiet van sy kamer waar die aanranding plaasgevind het.
Op die video lê twee van sy voortande, wortel en al, op die spieëltafel, terwyl hy ook na die bloedkolle op die vloer verwys.

In die video identifiseer hy twee mans wat verantwoordelik was vir die aanranding.
Een van die mans is die broer van ’n mede Hermansdal inwoner.

Die ander een het mnr. Van der Ahee al vantevore op die landgoed opgemerk, en is bloot as “Brian” aan hom bekend gestel.

Mnr. Van der Ahee is die pa van twee welbekende plaaslike sakemanne.

Die familie wou nie kommentaar op die voorval lewer nie, omdat inligting nog vaag is.

Volgens ’n nabye vriend van mnr. Van der Ahee, Eugene Opperman, is hy Sondagaand na die aanranding geskakel deur die oorledene.

Mnr. Van der Ahee het die nag in Middelburg gebly, waarna hy die Maandag die video op aandrang van mnr. Opperman gemaak het.

Dinsdag het hy sy bewussyn by Piet’as Pub oorkant die pad verloor, waar hy gaan aanklop het vir water voordat hy sy voorskrif sou gaan afhaal.
Mnr. Van der Ahee het nooit weer sy bewussyn herwin nie.

Die broer van die Hermansdal inwoner is aanvanklik deur die polisie ondervra, maar laat gaan.

Die polisie is ook bewus waar die man met die naam “Brian” wat mnr. Van der Ahee van die aanranding beskuldig, hom tans bevind.
Hy huur ’n woonstel op ’n plot.

Mnr. Van der Ahee se hare is ook in die aanranding met ’n steakmes afgesny.

Hy sou in November weer in die hof moes voorkom nadat hy glo sowat vyf weke gelede ’n wapen op Hermansdal inwoners gerig het.
Mnr. Van der Ahee het dit egter ontken, hoewel hy in besit was van talle wapens, wat sedert die klag by hom afgeneem is.

Die identiteite van die aanranders word weerhou tot hul formeel aangekla word.

• Speurders was Dinsdag op Hermansdal Landgoed is bevestig. Observer het ook met getuies gesels.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button