News

Blitzbokke daag inwoners uit om saam te draf

Sien jy kans om jouself teen ’n Blitzbok te meet?

Vanaand is die aand!

Die Blitzbokke het ’n uitdaging aan inwoners gerig, om ondanks die koue, in groot getalle na vanaand se nagwedloop by Hoërskool Kanonkop op te ruk.

Afrigter Sandile Ngcobo sê sy regterhand, Marius Schoeman, is blitsig oor vyf kilometer en drawwers moet kom kyk of hulle hom kan klop.

Die Small 5 wedloop reeks word deur die Middelburg Marathon Klub aangebied.

Die wedloop begin om 19:00.

Die inskrywingsfooi beloop R30 vir die 4.9km, R80 vir die 10km en R40 vir die tydelike lisensie wat net geld vir die langer wedloop.

Vir meer inligting kan die volgende nommers gekontak word:

Middelburg Marathon Klub: 072 593 7346 of Charmaine: 083 292 9207.

@middelburgobserver

Draf saam met Blitzbokke

♬ original sound – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Hermie Pienaar

I am a young journalist who recently started working at the Middelburg Observer. My field of focus at Mobserver currently covers mostly sport activities. I have a very big passion for photography, music and online games. At this moment I am almost done with my first year in the studies of Theology.
Back to top button