News

Beeste vreet vullis wat nie verwyder word nie

Belfast inwoners sê dat die Emakhazeni Plaaslike Munisipaliteit sy belastingbetalers lelik in die steek laat en dat die mislukking van dienslewering in ’n humanitêre krisis ontaard.

’n Anonieme inwoner van uitbreiding twee in Belfast vertel dat die Stadsraad gister onverklaarbaar gesluit was terwyl lang toue in die straat gestaan het.
Terwyl dienslewering sonder antwoord summier opgeskort is, sit hulle al vir meer as drie dae sonder water.

Die wateronderbrekings het verlede jaar al begin en in het in Meimaand ’n krisispunt bereik wat veroorsaak het dat Belfast Akademie hulle leerders moes huistoe stuur.

Www.mobserver.co.za het berig oor honderde klagtes van inwoners en sakelui en veral besighede in die kosbedryf wat geweldig skade gely het as gevolg van daelange wateronderbrekings.

Sakeman, Manie le Roux van H&H Truck and Trailer Repairs and Truck Wash, het gesê dat hy 12 van sy werkers moes laat gaan en dat sy maatskapy een van vyf besighede was wat in die mark is as gevolg van die wateronderbrekings.

Die wateronderbrekings is egter net een van die probleme wat inwoners ondervind met vullisverwydering wat een keer per maand gelewer word.

“Boonop wei beeste gereeld in die veld oorkant ons en hulle skeur die swart sakke oop en vreet van die gemors.”

Die onderhoud van paaie is nog ’n doring in die vlees en inwoners vertel dat die opgradering van paaie wat laasjaar van stapel gestuur is uit die bloute gestaak is, wat veroorsaak het dat hoofpaaie in grondpaaie verander het.

Terwyl basiese dienslewering, volgens inwoners, nie bestaan nie, kry inwoners geen antwoorde vanaf die munisipale bestuur of raadslede nie en dikwels is hulle nie eers bewus van infrastruktuur wat stukkend is nie.

• Www.mobserver.co.za kon geen reaksie of antwoord kry vanaf die munisipaliteit of raadslede oor hoekom die stadsraad gesluit is nie.

Daar was egter al voorheen berig oor die sluiting van munisipale kantore as gevolg van onbetaalde huur.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button