Jou weeklikse koerant by die deurry beskikbaar
Is Middelburg die dorp met die meeste deurry fasiliteite in die land?

Jy kan nie net jou hamburger of hoender so in die deurry kry nie, maar selfs melk en jou gunsteling koerant.
Natuurlik het jy nie eers nodig om uit jou voertuig te klim om iets sterker te koop nie. Middelburg het drie deurry drankwinkels.
Daar is ten minste 10 verskillende deurry fasiliteite op die dorp.
Is daar ’n ander ReadThru in die wêreld?
Die Middelburg Observer is waarskynlik die enigste koerant in die wêreld waar jy kan stop en jou koerant sommer so deur die venster koop.
Die vriendelike Marietjie Maré behartig die verkope.
Elke Donderdag vir slegs R4 in Meyerstraat kan jy stop vir die week se uitgawe.
@middelburgobserver Kry jou Middelburg Observer by ons deurry!
