News

Gesin trek swaar na huis en inhoud in brand verswelg is

Die huis wat afgebrand het was ’n houthuis en ’n kortsluiting was moontlik die oorsaak van die brand.

’n Gesin van Waterval Boven wat al hul besittings op 31 Augustus verlede jaar in ’n verwoestende huisbrand verloor het, sit steeds in sak en as.

Me. Mandy Claassen, haar verloofde Willem, me. Claassen se 27-jarige dogter en haar drie kinders wat wissel van ouderdom van 2-jaar, 4-jaar en 7-jaar, woon tans in ’n huurhuis sonder water of elektrisiteit.

Nietemin is hulle dankbaar vir ’n dak oor hul koppe, al is daar geen muurprop, skakelaar of lopende kraan in die huis nie.

Die huis wat afgebrand het was ’n houthuis en ’n kortsluiting was moontlik die oorsaak van die brand.

 

Die huis en al sy inhoud is daarmee heen.

Die gesin maak tans kos op ’n eenplaatstoof met net drie potte en ’n pan in hul besit.

 

Hul klere, linne, gordyne, beddens, speelgoed; alles het verbrand.

Die gesin kon met net die nagklere aan hul liggaame uit die huis vlug.

 

Hulle huur nou ’n ander huis, wat goedhartiglik aan hul beskikbaar gestel is, maar dié is ook nie geskik vir menslike bewoning nie.

Die meeste ruite is gebreek en die vloere is in ’n toestand.

 

Net Willem trek ’n salaris maar sy werkplek sluit aan die einde van die maand, so daai inkomste is ook daarmee heen.

Me. Claassen se dogter se bromponie, die gesin se enigste vervoer, is ook in die brand verwoes.

 

Me. Claassen is boonop ’n diabeet wat maandelikse medikasie en doktersbesoeke benodig.

“Sedert die brand raap en skraap ons vir oorlewing, werk is skaars en geld is min, ons weet hoe dit voel om honger te gaan slaap,” sê me. Claassen.

 

Vriende van die gesin het www.mobserver.co.za genader vir hulp.

“Ons wil graag sien dat hulle uit die as uit opstaan,” sê ’n vriendin Tanya Pretorius.

Inwoners wat bydraes kan maak, veral kos, klere, skoene, linne, en ander huishoudelike benodighede, kan me. Claassen skakel by 062 368 8057.

Me. Pretorius kan ook geskakel word by 060 934 4532, sodat vervoer van skenkings gereël kan word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button