News

Staat keur pleitooreenkoms in Fat Cake City aanrandingsaak af

Die saak is uitgestel na 7 Oktober vir ’n moontlik pleit, na hersiening deur mnr. Pretorius se regspan.

Mnr. Corrie Pretorius wat vir die aanranding van ’n 16-jarige seun in die parkeerarea voor Fat Cake City in Groblersdal teregstaan, het vanoggend vlugtig in die Groblersdal Landdroshof verskyn vir ’n pleitooreenkoms.

Sy prokureur, mnr. Josef van Eeden, het egter gesê dat die pleitooreenkoms deur die Direkteur van Openbare Vervolging afgekeur is.

Die saak is uitgestel na 7 Oktober vir ’n moontlik pleit, na hersiening deur mnr. Pretorius se regspan.

Die voorval waarin Pretorius na bewering ’n wapen op ’n tiener gerig, en die seun ook aangerand het, is op ’n 49-sekonde videogreep vasgelê en landwyd versprei.

In ’n latere verklaring het ’n ooggetuie vertel hoe ’n tienerseun Pretorius aanhoudend gekoggel het voor die onderonsie op video.

Daar is kos uit sy kosbakkie gevat, hy is gekoggel, gevloek, uitgelag, en daar is gepoog om sy vuurwapen by hom te gryp.

Opmerkings oor mnr. Pretorius se ouers is ook glo deur die groep tieners gemaak.

’n Ooggetuie sê die tieners was ooglopend dronk, en het met oop drankbottels die winkel in gegaan.

Die voorval het omstreeks 19:15 op 15 Junie in Fat Cake City plaasgevind, waar mnr. Pretorius vir sy kos gewag het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button