News

Man wat op plaas doodgemaak is was ’n alleenloper

Die familie van mnr. Gideon Swart (52) wie se liggaam Vrydag buite Kaalbooi plaashuis op Waterval Boven deur sy broer Ruben ontdek is, sê ’n lykskouing sal vandag gedoen word om die presiese oorsaak van sy dood te bepaal.

Ruben sê dat mnr. Swart ’n “loner” was wat nooit getroud was of kinders gehad het nie.

Die broers woon langs mekaar op twee aangrensende plase wat aan Ruben behoort.
Volgens Ruben het hulle mekaar so een maal per week gesien.

Hy het onraad vermoed toe hy mnr. Swart sedert Donderdag nie in die hande kon kry nie.
Dis toe dat hy uit is na mnr. Swart se huis, wat met sy aankoms oop gestaan het.

Hy het op die plaaswerf rondgekyk vir mnr. Swart en hom buite die huis aangetref.
Sy voete was vasgebind en hy is brutaal aangerand.

Volgens die polisie was daar ook steekwonde aan sy rug en maag.

Sy wit Nissan 1400 bakkie is gesteel. Die bakkie se registrasienommer is HVY279MP

Volgens Ruben was mnr. Swart reeds ’n geruime ruk lank dood, wat hulle laat vermoed dat hy reeds Dinsdag of Woensdag aangeval is.
Mnr. Swart het nie geboer nie en het volgens Ruben ’n passie vir rekenaarprogrammering gehad.

“Hy was maar altyd op sy eie en sou kom inloer as hy dorp se kant toe gery het, dit was ons weeklikse kuiertjie,” sê Ruben.

Begrafnisreëlings sal na afloop van die nadoodse ondersoek getref word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button