Bomme uit die lug en gif in die drinkwater – kriminoloog getuig
Dr. Labuschagne het gesê dat die graad van Knoesen se rassistiese propaganda videos wat die staastgreep en wit heerskappy bevorder het, so verfoeilik is, dat ’n rasionele mens dit nie eens sal oorweeg om te uiter nie, weens die gevolge.
Wêreldklas profielsamesteller en kriminoloog, dr. Gérard Labuschagne, het oomblikke gelede die finale spyker in veroordeelde terroris, Harry Knoesen, se kis geslaan, met getuienis dat Knoesen hom weer sal skuldig maak aan ’n staatsgreep en oproep tot geweld teenoor swart Suid-Afrikaners.
Volgens dr. Labuschagne toon hy geen berou oor sy dade nie.
Knoesen se vonnisverrigtinge is vandag in die hooggeregshof op Middelburg voortgesit, met ’n omvattende voorvonnisverslag deur dr. Labuschagne, wat talle skokonthullings oor die eens besadigde pastoor, wat hakkel, openbaar het.
Volgens dr. Labuschagne het Knoesen moontlik ’n haat jeens Afrikaner mans ontwikkel, omdat hy en sy broer geboelie is, en sy ma verskeie maal deur Afrikaanse mans aangerand is.
Die feit dat sy ingenieursbesigheid in 2015 ten gronde gegaan het, weens ’n swart vennoot, het ’n renons in die regerings en sy regstellendekasie beleid veroorsaak.
In 2019 wou hy weer ’n besigheid op die been bring met twee swart vennote wat hom die koue skouer gegee het, weens sy betrokkenheid by die Crusaders, wat op Swart Vrydag 2019, landwyd aanvalle op militêre basisse, polisiestasies en swart woongebiede wou loods.

Knoesen wou onder meer drinkwater vergiftig en bomme uit die lug op swart Suid-Afrikaners laat reën.
Dr. Labuschagne het gesê dat die graad van Knoesen se rassistiese propaganda videos wat die staastgreep en wit heerskappy bevorder het, so verfoeilik is, dat ’n rasionele mens dit nie eens sal oorweeg om te uiter nie, weens die gevolge.
Knoesen het homself so van die gevolge gedistansieer, dat hy sou voortgaan met die aanvalsplan as hy nie gearresteer is nie, sê dr. Labuschagne.
Volgens dr. Labuschagne het terrorisme altyd ’n persoonlike faktor wat die terroris van sy teikens onderskei.
In Knoesen se geval was dit swart ekonomiese bemagtiging wat hom sy geluk en welvaard gekos het, en mede-landsburgers eindelaaste die teiken van sy vergelding gemaak het.
Die navorsing, beplanning, werwing van lede en wapens, en Knoesen se eindelaaste haastigheid om die aanvalsplan uit te voer, het sy gedagtes heeltemal teen Junie 2019 oorgeneem, sê dr. Labuschagne.
Regter Johanna Mthimunye, wat Knoesen reeds op drie klagtes van terrorisme, en die besit van ’n onwettige wapen en ammunisie skuldig bevind het, moes weer telkemaal ingryp om uitgerekte monoloë uit die beskuldigdebank stop te sit.
Knoesen se versoek vir ’n nuwe verhoor is ook van die hand gewys.
Die saak word later hervat.
