News

Wonderwerk dat niemand ernstig beseer is in vroegoggend ongeluk

Dit is ’n wonderwerk dat niemand dood of ernstig beseer is in die ongeluk vanoggend in die kruising van Lilian Ngoyi- en Bhimy Damanestraat nie.

Die toneel waar een voertuig op sy dak beland en ’n ander erg beskadig is, het motoriste laat dink dat daar verskeie ernstige beserings was.
Twee persone is met ligte beserings met ’n ambulans van die ongeluk af weggeneem.

Volgens die bestuurder van die Mercedes wat in die ongeluk betrokke was, was hy op pad om sy kinders by die skool af te laai.
Die bestuurder van ’n Fortuner het na bewering van Kanonkop se rigting opgery en ’n U-draai voor die Mercedes gemaak.

Met ouers wat op pad was om kinders by skole af te laai, was verkeer druk in die omgewing van Laerskool Middelburg wat erge verkeersprobleme veroorsaak het.

Verkeer is weggelei van Lilian Ngoyistraat af.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Hermie Pienaar

I am a young journalist who recently started working at the Middelburg Observer. My field of focus at Mobserver currently covers mostly sport activities. I have a very big passion for photography, music and online games. At this moment I am almost done with my first year in the studies of Theology.
Back to top button