Nog geen arrestasies in Hermansdal aanval
Daar word nog gewag op die uitstaande nadoodse-ondersoekverslag voordat die dossier van mnr. Louie van der Ahee se dodelike aanranding op die Hermansdal Landgoed op 11 September, vir ’n moordklag beslissing vir aanklaers gestuur sal word.
Mnr. Van der Ahee is op 14 September in die hospitaal oorlede, nadat hy die Sondag in sy kamer oorval en aangerand is deur twee mans.
Een van sy beweerde aanvallers bly by sy broer op die landgoed, terwyl die tweede, bloot geïdentifiseer as “Brian” deur mnr. Van der Ahee, ook na bewering betrokke was.
Mnr. Van der Ahee is weens breinbeserings dood, omdat sy skedel in die hospitaal oopgemaak moes word om drukking op sy brein te verminder.
Hy het nooit weer sy bewussyn herwin nie na sy hospitaal opname nie.
Sy poniestert is ook in die aanval met ’n steakmes afgesny.
Niemand is nog in verband met die aanval gearresteer nie.
’n Klag van moord word wel ondersoek, hoewel senior aanklaers finaal oor die formele klagtes teen die aanvallers sal besluit.
