HTS Middelburg se matrieks is gereed vir die groot dag
Dis weer hierdie tyd van die jaar wat ouers pronk oor hulle kinders wat net nou die dag nog by hul graad sewe entrepreneursdag was.
Vanaand se matriekafskeid vind by Rustique Boutique Hotel plaas. Die eerste leerlinge begin om 15:20 inloop.

Een van die afrigters, Willie Oosthuizen laat die volgende boodskap aan die matrikulante:
“Aan elke matriek wat vandag 12 jaar van skoolgaan vier by die matriekafskeid – geniet elke oomblik van die dag en bou herinneringe.
Onthou jou ouers se bydrae tot jou opvoeding , skool toe ry , sport en ander aktiwiteite bywoon , toebroodjies maak , trane afvee en “high fives”.

Wanneer jy vanaand daar sit onthou dat jy slegs daar is deur Genade.
En na die tyd: Bly uit karre uit, as jy moet erens heen gaan, bel ’n verantwoordelike persoon om jou op en af te laai. Geen ouer sal ’n kind wat verantwoordelik optree kasty as daar laat aand gery moet word nie. Wees verantwoordelik met jou liggaam en gees.
En as jy nie weet hoe om veilig op ’n plek te kom nie, bel my – ek sal kom help.
Van julle oom en coach, Willie.”

