News

Vreemde siekte laat danser in rolstoel beland

Die skraal vrou in die rolstoel droom daarvan om eendag weer aan die Suid-Afrikaanse danskampioenskappe en ook wêreld kampionskappe deel te neem.

Nou word elke asemteug egter vir Michelle Mortelmans gemonitor, moet sy meestal donkerbrille dra, want die lig is te skerp.

Met haar man, Glenn, wat die hele tyd saam met haar versorger kyk of alles reg is, vertel Michelle van die traumatiese gebeure die afgelope paar maande in hul soektog na antwoorde vir haar siekte.

In Oktober en November verlede jaar het sy vier tot vier ure per dag geoefen vir die Suid-Afrikaanse Danskampioenskappe.
Daarna sou die wêreldkampioenskappe in Maart dié jaar volg. Michelle sou ook deelneem aan die “Dutch Open”.

“Ek het fiksheid gedoen, met gewiggies geoefen om my arms sterk te hou en rekke om my bene sterk en soepel te hou.” Daarna was dit tot vyf ure klas elke Saterdag in Pretoria.

Vroeg in Januarie 2022 het die eerste tekens begin.

Michelle het skielik vergeetagtig geraak en kon nie eenvoudige woorde onthou nie.

Sy het angsbevange geraak in sosiale omstandighede.

Haar ore het begin pyn en haar oë het begin “spring”.

Een oggend het sy wakker geword met ’n onnatuurlike hoofpyn en haar oë was erg ligsensitief.
Hierna het alles tegelyk begin gebeur.

Michelle is bykans voltyds op suurstof.

Haar lyf het in spasmas begin saamtrek en sy het geweldig pyn oral ervaar.
Omdat haar visie so erg aangetas is, is hulle na ’n oogarts.

Daarna het daar letterlik tientalle afsprake by dokters gevolg.

By die ginekoloog is met bloedtoetse en verskeie ander toetse begin.

Hulle is ook na ’n kardioloog want haar hartritme het gewissel tussen 40 en 140 slae per minuut.

“As my hart so laag gedaal het, het my brein net uitgesny. Ek het ook gesukkel om asem te kry. ”
Omdat sy so fiks is, was die dokter nie bekommerd nie.

Die egpaar het ’n homeopaat gaan sien, wat hulle aangeraai het om vir spesifieke virusse te toets.
Intussen het sy haar vermoë om te loop en selfs regop te staan verloor.

Vandaar is hulle na ’n chiropraktisyn met die idee dat daar dalk ’n werwel kon vasdruk.

By dr. Johan Kotze (gespesialiseerde chiropraktisyn) het hy gevind dat haar nek heeltemal skeef getrek het van al die spasmas.
Hy het haar dadelik na ’n neuroloog en neurochirurg verwys.

“X-strale en MR skanderings het gevolg. Dit het net erger en erger geword en ek kon nie eers ’n vurk vashou nie.”

Hulle onthou die besondere hulp wat dr. Francois van Niekerk (neurochirurg van eMalahleni) gegee het.
“Hy het my so mooi hanteer. Die toetse wat hy gedoen het, het gewys ek het geen refleksies en gevoel nie.”

Dr. Van Niekerk het haar verwys na dr. Natanya Fourie by die Wilgers Hospitaal.

Daar is verskeie bloedtoetse, EEG asook ’n lumbale punksie gedoen en is sy ook getoets vir Mycoplasma.
“Dit is een van die wat deel is van Lyme siekte.”

Daar is gesê dat sy moontlik toestande soos veelvuldige sklerose het.

Dr. Fourie het voorgestel hulle gaan sien ’n internis. Die internis het Serebrale Balharzia bespeur, wat sy begin behadel het.

Hulle het ook vir dr. Michael Mwangi (kardiloog) gaan sien, wat met ’n monitor die hartritme probleem vasgestel het.
Tydens ’n operasie is ’n toestel ingeplant wat haar hart monitor van’ n globale stelsel af in Gauteng.

Teen daardie tyd kon Michelle omtrent niks meer eet nie, en is onder 24uur versorging tussen haar man en ’n voltydse versorger.

Sy het hewige allergiese reaksies van kos en alles in haar omgewing gehad, wat veroorsaak is deur haar immuunstelsel wat besig was om af te sluit.

In die tyd het sy onder andere verskeie lewensgevaarlike neurologiese aanvalle gehad.
Intussen uit desperaatheid het hulle self begin navorsing doen.

Op die internet het hulle gesien dat ’n meisie van Ierland deur ’n laboratorium in Duitsland met Lyme siekte gediagnoseer is.
Michelle het ’n e-pos na die laboratorium gestuur.

Hulle het gesê sy moet dr. Marna Turner (wat die reeks Spreekkamer op, kykNET aanbied), kontak.

Die Mortelmans het afgevlieg Kaapstad toe en kort na hul aankoms het dr. Turner gesê dat Michelle beslis Lyme siekte het.
Bloedtoetse, wat per koerier Duitsland toe gevlieg is, het dit bevestig.

Michelle gebruik tans duisende rande se medikasie.

Vir ’n kans op tot 85% herstel sal sy egter intensiewe behandeling in Duitsland of Pole moet kry.

Omdat die siekte nog nie behoorlik nagevors is in Suid-Afrika nie, betaal die mediese fonds nie vir die medikasie nie.

•Michelle kry nou streng behandeling om die neurologiese aanvalle onder beheer te hou, want elke keer is dit erger en ons vrees wat volgende kan gebeur. Met ’n onlangse aanval, waar drie kort op mekaar gevolg het, het twee werwels en haar heup geskuif, en was n totale terugslag op haar sisteem.

•’n Michelle Mortelmans Omgeefonds is gestig om te help met haar mediese onkostes.

Daar gaan ook op 14 en 22 Oktober gholfdae (onderskeidelik by Middelburg Buiteklub en Kranspoort gholfbaan) aangebied word ter stuwing van die fonds.

Persone wat as borge wil optree vir die gholfdae of bydraes vir lewer vir die fonds kan Jan van Dyk (een van die direkteure) bel by 072 598 2911 of Cindy Bothma by 076 690 4894.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button