News
Eerste wettige padresies Sondag in Jeppestraat
Bande gaan rook en teer gaan warm gejaag word Sondag, 2 Oktober.

Christo Pienaar bring 400m sprintbaanresies na die dorp, waar vinnige karre mekaar gaan opkeil.
Daar is ’n opeklas (vierwielaangedrewe voertuie), voorwielaangedrewe voertuie en agterwielaangedrewe voertuie.
Elke voertuig se inskrywing beloop R250 per voertuig.
Daar is 30 plekke per klas beskikbaar.

Die byeenkoms vind plaas in Jeppestraat, anderkant Twizza.
Elke deelnemer moet om 09:30 aanmeld vir die reëls om verduidelik te word.
Die byeenkoms begin stiptelik om 10:00 en stalletjies sal beskikbaar wees.
Vir enige inligting kan Christo gekontak word by 071 992 1395.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
