News

Skote klap tydens beurtkrag

Sarsies skote wat Donderdagaand in Dennesig en vanoggend in Kanonkop gehoor is, laat inwoners kriewelrig onder die kraag voel.

Mense wat gesit en kuier het op hul stoep in Spioenkopstraat het duidelik gehoor hoe skote klap.
Drie skote is kort na mekaar afgevuur, waarna nóg twee skote vyf minute later gevolg het.

Met die hele Kanonkop in donkerte gehul, omdat die krag nie aangegaan het na Sondagaand se beurtkrag nie, het inwoners van Gladiola- en Hibiscusstraat omstreeks 05:00 maandagoggend gewip soos hulle skrik.

Vyf skote is kort na mekaar afgevuur en dit is steeds onduidelik wie die skote afgetrek het.

Inwoners van beide die strate, wat op veiligheidsgroepe spesifiek vir die twee strate is, het onder mekaar ook uitgevra, maar niemand het iets gemeld dat hulle uit noodweer die skote moes aftrek nie.

•Sowat ’n maand gelede was daar ’n huisroof in Gladiolastraat.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button