News

Pretorius saak uitgestel vir heroorweging van pleit

Mnr. Corrie Pretorius, wat vir die aanranding van ’n 16-jarige seun beskuldig word, het vanoggend vlugting in die Groblersdal Landdroshof verskyn vir ’n moontlike pleitooreenkoms.

Sy prokureur, mnr. Josef van Eeden, het egter gesê dat die verdediging die afskrifte van die dossier nie betyds ontvang het nie en dat hul dit eers vanoggend gekry het.

Die saak is uitgestel na 14 Oktober sodat die verdediging sy posisie kan oorweeg.

Die voorval waarin Pretorius na bewering ’n wapen op ’n tiener gerig, en die seun ook aangerand het, is op ’n 49-sekonde videogreep vasgelê en landwyd versprei.

In ’n latere verklaring het ’n ooggetuie vertel hoe ’n tienerseun Pretorius aanhoudend gekoggel het voor die onderonsie.

Daar is kos uit sy kosbakkie gevat, hy is gekoggel, gevloek, uitgelag, en daar is gepoog om sy vuurwapen by hom te gryp.
Opmerkings oor mnr. Pretorius se ouers is ook glo deur ’n groep tieners gemaak.

’n Ooggetuie sê die tieners was ooglopend dronk, en het met oop drankbottels die winkel in gegaan.

Die voorval het omstreeks 19:15 op 15 Junie in Fat Cake City plaasgevind, waar mnr. Pretorius vir sy kos gewag het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button