News

Onthaalarea raak aan brand met binnebraai

Die onthaalarea van 'n huis in Soutpansbergstraat (naby Hexrivierstraat-kruising in Aerorand) het vanmiddag aan die brand geraak toe daar vuur gemaak is in die binnebraai,

 

Mnr. Cobus Broodryk sê hulle het vuur gemaak om te braai, want sy vrou verjaar.

Net voor hulle sou braai, het almal gou in die swembad afgekoel.

Hulle was nog in die swembad, toe hulle sien die onthaalarea se dak brand.

Verskeie motoriste en bure het gehelp en die brandweer was ook binne minute op die toneel.

Niemand is beseer nie en die totale omvang van die skade sal later eers bepaal word. ‘n Mens kon duidelik van die straat se kant af sien dat veral die dak erge brandskade opgedoen het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button