Nadal, Federer, Murray en Djokovic pak mekaar in Kragdag
Al die spelers wat Saterdag aan die Kragdag by die Middelburg Tennisklub in Kanonkop deelgeneem het, is dit eens dat dit ’n jaarlikse instelling móét word.

Die hoofborg, Henning Benadie (Deltec Sentrum) sê dit is beslis die plan. Hy was nie net die hoofborg nie, maar was self ook een van die spelers wat hul slag op die baan gewys het.
•Die spelers is ingedeel in ses groepe wat dubbels gespeel het en die wenners is as volg:

Nadal groep: Frits Swart en Pieter Jordaan is die wenners, met Sias Repsold en Christiaan Diedericks in die tweede en Dawie Visser en Charl Basson in die derde plek.
Die res van die uitslae is van eerste tot derde.

Federer groep: Musa Mbonani en Themba Ndaba, Jan Tolmay en Norman Swart, Wynand Viljoen en Leon Grobbelaar.

Murray groep: Faisal Rawat en Nazeer Esssacks, Anand Moodley en Nizam Razak, Mark Whitter en Sylvestor Musademba.

Serena groep: Ronel Swart en Karin Buys, Arina Pieterse en Charlene Lombard en Petra Wassenaar en Hestie Wheeler.

Djokovic groep: Quintin Swart en WJ Erasmus, AB Thela en Vuyo Mokoena, Bilal Suliman en Yaseen Baker.

Alcaraz groep: Wessel en Kaleb Victor, Werner en Juvan Smit, Wayne Farmer en Hitandra Lala.

•Meer as 50 stalletjies het bygedra daartoe dat dit ’n lekker kuierdag vir die spelers en hul families was.

•Vir meer inligting rakende die Middelburg Tennisklub, bel 072 338 1130.











