News

Man en honde gesteek in byeaanval

’n Man en drie honde is erg gesteek tydens ’n byeaanval vroeër vandag in Gholfsig.

Me. Tanya van der Merwe sê dat hulle pitbullterrier teef gevrek het en dat die reun en jong hondjie nog behandeling ontvang by die veearts na die traumatiese gebeure.

Beide sy en haar man, Anrich, was by die werk toe hulle huishulp paniekerig gebel het om te vertel van die aanval. Sy het beskryf dat die swerm so groot was dat dit die hele binnehof “donker” geraak het.

Anrich was gelukkig in die dorp tydens die aanval en het huistoe gejaag om sy honde te probeer red.
Terwyl hy probeer het om die bye met ’n tuinslang te spuit, is hy ook herhaaldelik gesteek.

Anrich en Tanya het die drie honde daarna eers veearts toe gejaag, en is daarna dokter toe sodat hy ook ingespuit kon word na al die bysteke.

Tanya sê dat hulle nie seker is wat die aanval veroorsaak het nie, maar vermoed dat ’n granssnyer se geraas gelei het tot die bye se aggressie.
Hulle kon later ’n nes in die muur buite hulle erf, teen die koppie vind.

“Die honde is so erg gesteek, dat ’n mens hulle skaars kon uitken onder al die angels.”

• Plaaslike byeboer, Martin Nel, het verlede week gewaarsku dat daar skielik ’n magdom byneste op die dorp aangemeld word.

Die byeboere kan nie voorbly met al die versoeke om bye te hervestig nie.

Martin vertel dat hy minstens tien oproepe ’n dag ontvang oor byneste.

Hy het ook gewaarsku dat die hitte die bye aggressief maak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button