News

R3 miljoen glo by skool gesteel

Groblersdal Academy administratiewe-amptenaar, me. Kobie Kitshoff (65), het in die Groblersdal-landdroshof verskyn in verband met die diefstal van R3.6 miljoen.

Sy is deur die Valke se Ernstige Kommersiële Misdaad-ondersoeklede aangekeer.

Volgens kaptein Matimba Maluleke (Valke) word daar beweer dat me. Kitshoff in Augustus 2021 na skoolure, toegang tot die skool se bankrekening gekry het en R3.6 miljoen in haar persoonlike bankrekening oorgeplaas het.

Die skool het die beweerde verduistering van fondse ontdek en die saak by die Valke aangemeld.

“Tydens die ondersoek is vasgestel dat die beskuldigde eintlik al daardie geld verloor het deur ’n beleggingsbedrogspul,” sê kaptein Maluleke.

Borgtog van R6 000 is aan mev. Kitshoff toegestaan en die saak is tot 18 November uitgestel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button