News

As dwelmmisbruik jou pla, kom praat saam!

Daar is niemand in Middelburg meer wat nié geraak word deur die ernstige dwelmprobleem nie!

’n Groep inwoners wat saam met die Oorwinnaars, Serving Disciples, Chainbreakers en Hope Corner die afgelope jaar ’n daadwerklike poging aanwend om die probleem aan te spreek, kom Donderdag weer bymekaar.

Die “Stop Dwelms in Middelburg”-vergadering word Donderdag om 08:30 in die skoolsaal van Laerskool Kanonkop aangebied.

André Janeke (koördineerder) van die groep, nooi elke persoon, van sakelui wat keelvol is vir die gemors wat dwelmverslaafdes agterlaat, tot ouers wie se kinders aan dwelms verslaaf is, om hierdie vergadering by te woon.

“Ons gaan byeen kom en net weer hande vat om te kyk wat ons aan die probleem kan doen,” sê André.

•Daar is verlede jaar ’n WhatsApp-groep, “Stop Feeding Addiction” begin waar daar op ’n daaglikse basis gepraat word oor die ernstige probleem van verslawing (drank en dwelms) in ons gemeenskap.

Hulle het ook onlangs ’n video saamgestel waarin ’n mens die basiese reëls kry hoe om dwemverslaafdes te hanteer.

Die belangrikste feit wat almal moet onthou is, moenie geld gee nie! “Jy dra by tot hul dood en maak dwelmhandelaars ryk!”

En as jy kos gee, gee dit so dat dit nie verkoop kan word nie. Skeur byvoorbeeld die slaptjips-boks se deksel af, voor dit gegee word of maak die koeldrankbotteltjie oop en gooi ’n rapsie uit.

•Al die betrokkenes se selnommers word ook op die video verskaf.

•Vir enige navrae, bel André by 084 503 8221.

@middelburgobserver

Stop dwelms in Middelburg kom Donderdag weer bymekaar

♬ original sound – MiddelburgObserver

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button