News

Mure val om toe storm dorp tref

’n Verwoede elektriese hael- en reënstorm het Hendrina Saterdagaand getref en derduisende rande se skade aan huise aangerig.

Corrie Wolmarans sê dat dit die ergste storm nóg was wat hy in die 22 jaar wat hy daar bly beleef het.

“Ek moes die hael wegvee om by my huis uit te kom!”

Mnr. Wolmarans vertel hoe hy mense, soos Sakkie en Mari Kotze in Voortrekkerstraat, moes gaan help om met emmers water uit hul huis te skep. Verskeie ander huise het oorstroom.

“Mure het omgeval van die strome water en ’n gedeelte van ’n buitekamer het ook aan die anderkant van die rivier inmekaar gesak. Ek het nog nooit so iets gesien nie!”

•Hy onthou dat die reën en hael omstreeks 18:00 begin val het. Binne ’n uur het inwoners oral in die dorp laat weet dat hulle tussen 85mm en 125mm in minder as ’n uur gemeet het!

@middelburgobserver

Storm op Hendrina laat groot skade agter

♬ original sound – MiddelburgObserver

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button