News

Sonja bekoor dorp se vroue

Sonja Herholdt was die gaskunstenaar en spreker tydens die vrouetee ten bate van die SAVf Tehuis vir Bejaardes.

In haar besondere praatjie oor die vrou en die lewe het sy gesê dat die lewe die waarheid is en dat die waarheid moeilik is.

Sy het melding gemaak van Psalms in die Bybel “wat gebede is sonder maskers. Dit raak van die uiterste lof tot die uiterste pyn aan.”

Daar was so een of twee snaakse oomblikke ook.

Sonja het genoem van die donker tye in haar eie lewe ook waardeur sy gegaan het. “Wanneer jy egter deur die donkerste tye gaan, dan ervaar jy die genade van die Here die duidelikste.”

Sy het ook aanhalings uit die Bybel gebruik waarin dit duidelik uitgekom het “dat die Here jou nooit alleen sal laat nie. Ver bo jou drome is Hy só lief vir jou, Hy sal ’n weg maak.”

Dawn van Baalen en Sarie Vermaak.

Tussendeur bekende liedjies en ook besondere nuwe liedere, het sy die vroue geïnspireer deur vir hulle te sê dat elkeen “die prinses moet wees van haar eie lewe. Jy moet vir jouself sê: ‘ek is waardevol, ek is kosbaar, ek is méér as genoeg. My weakness is my magic. You can when everybody say you can’t.

Sonja het gesê dat die lewe ’n geveg is in geloof. “Ons is in ’n geestelike geveg, maar ons geestelike gereedskap waarmee ons veg is geloof, hoop en liefde.”

Elma van Niekerk en Ella Grobler.

Die rol van die vrou het sy beskryf “as die hartklop van ons samelewing. Sy is die gom van die familie. Sy het ’n innerlike sterkte wat enige emosionele krisisse kan hanteer.”

Sy sê vir die vrou om haar innerlike gesond te hou, moet sy tyd maak vir haarself en vir haar mense.

Bernice du Plessis (bestuurder, SAVF Tehuis vir Bejaardes), Sonja Herholdt, Sarie Vermaak en Ria Roets.

•Tydens die geleentheid het sy ’n spesiale “pêrelvrou”-sertifikaat oorhandig aan me. Sarie Vermaak (91) wat haar hele lewe gewy het aan die SAVF as vrywilliger.

Tannie Sarie is gebore op 16 Julie 1931 en het skoolgegaan in Middelburg.

Sy het onderwys studeer in Heidelberg en na haar troue gewoon tussen Carolina en Wonderfontein, waar sy skool gehou het op Wonderfontein.

Sonja Herholdt (middel) saam met sussies Cindy Coetzee en Ritha Taljaard.

Uit hul huwelik is ’n dogter, Corrie, gebore.

Tannie Sarie was voorsitter van die SAVF vir 22 jaar en vir sowat 50 jaar ’n vrywilliger van die SAVF.

Joan Anderson en Rita Kotze.

Die bestuurder van die SAVF Tehuis vir Bejaardes, me. Bernice du Plessis, het gesê dat tannie Sarie “’n vrou van die Here is en het haar vertroue en geloof in Hom gesit. Sy het die buitengewone krag en deursettingsvermoe wat net ’n kind van die Here kan hê. Sy is ’n fenominale vrou en dit is ’n voorreg om deel van haar lewe te wees.”

Christa Wessels en Eula Pretorius.
Die gasvroue van die geleentheid. Hannetjie Nolan, Bernice du Plessis, Ria Roets, Sonja Herholdt, Issie de Klerk, Miemie Potgieter en Corrie Stehring.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button