News

Plaaslik of nie, Saterdag se Baby Run gaan groot!

Jonk of oud, plaaslik of van ver, Saterdag is ’n dag vir groot vermaak!

Gaskunstenaars, DJ’s, Bikerhart Radio en plaaslike kunstenaars kom almal bymekaar tydens die Baby Run wat deur die 1313 (MAC’s Familia) aangebied word.

Piet Pompies as gaskunstenaars, Hermie Pienaar as plaaslik, DJ Bok vir die musiek en DJ Minx met Bikerhart Radio gaan die dak lig!

Piet Pompies.

Met motorfietsklubs wat om 09:00 by die rugbyklub bymekaar kom om in groot getalle om 09:30 te vertrek na Stoom Pub & Grill, is daar vele speletjies wat gespeel gaan word en ’n magdom stalletjies vir die dag.

Alle donasies wat gemaak word en fondse wat inkom, word geskenk aan babas.

DJ Bok.

Donasies kan in die volgende maniere gemaak word:
R80 of doeke en klere.

Daar is ook groot pryse te wen met die baba kompetisie wat gehou word vanaf 12:00 en die inskrywing is slegs R50 per baba.

Vir meer inligting kan Olivia Verster gekontak word by 076 112 9986.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Hermie Pienaar

I am a young journalist who recently started working at the Middelburg Observer. My field of focus at Mobserver currently covers mostly sport activities. I have a very big passion for photography, music and online games. At this moment I am almost done with my first year in the studies of Theology.
Back to top button