News

Vlooi byt en glip toe uit by hondesalon

Waarheen het Vlooi Saterdagmiddag gehardloop nadat sy na ’n hanteerder gehap het by ’n hondesalon?

Mariska van der Merwe sê sy is bereid om ’n beloning te betaal vir die persoon wat hul vriendelike worshond/maltese poedel kruising kan terugbesorg.
Hulle het vir Vlooi gevat na Doggy Dash (’n huurder by Amora Dierepark) en hul hondjie het daar weggeraak.

Mnr. Johan Lourens (eienaar, Doggy Dash) sê dat hul hanteerder die hondjie uit die hokkie gehaal het om haar te bad.

“Op pad na die tafel toe, het die hond haar aan die hand gebyt, losgekom en by die deur uitgehardloop.” Hulle het die eienaar in kennis gestel en self ook na die hondjie begin soek.

Me. Van der Merwe se man, Chris, het hom dadelik na die hondesalon gehaas om na die hanteerder se welstand te verneem.
Hy het gesien dat sy ’n rooi kolletjie op haar linker wysvinger het, gelukkig nie ernstige bytwonde nie.

Vlooi is al sedert Saterdag weg en haar eienaars is baie bekommerd oor haar.

“Ons hond was nog nooit aggressief nie en het ook nog nooit iemand gebyt nie. Ons weet nie wat het haar so iets laat doen nie.”

Vlooi is nie by die hoofhek uit nie en daar is aanvanklik gedink dat sy dalk iewers onder een van die Wendyhuise wegkruip.
Daar is vir haar kos uitgesit, maar sy het nooit haar verskyning gemaak of van die kos geëet nie.

Die Van der Merwe egpaar het tot laataand na Vlooi gesoek rondom die dierepark en in Gholfsig en hulle het ook die personeel van die Middelburg Buiteklub gevra om uit te kyk vir haar.

“Ons het selfs vir die dierebeskermingsvereniging laat weet dat Vlooi weg is, sou iemand hulle dalk laat weet.”

Vlooi is swart met ’n wit borsie en pootjies.

As jy dalk weet waar Vlooi is, bel Mariska by 074 527 8958 of Chris by 066 016 7336.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button