News

So gaan rowers te werk

Die span van Mid Alarms is bekommerd met die geweldige toename in rooftogte en wil besighede help om voorbereid te wees.

Johan Oberholzer, operasionele bestuurder van Mid Alarms, sê hulle het die afgelope tyd die toename in rooftogte by besighede en veral drankwinkels in Middelburg fyn dopgehou.

In bykans al die gevalle het die rowers dieselfde modus operandi gevolg en Mid Alarms wil sakelui toerus met raad hoe om rooftogte te voorkom of ten minste betyds hulp te kry.

“Wat dit so moeilik maak, is dat die rowers hulle gewoonlik voordoen as kliënte voor hulle toeslaan.”

•Tydens die meeste rooftogte was daar ses rowers betrokke. Gewoonlik kom daar vier by die besigheid in, terwyl twee buite wag.

•Hulle doen hulself as kliënte voor, voordat hulle toeslaan en die kassiere met wapens aanhou vir kontant.

•In sommige gevalle het die rowers buiten kontant, ook drank (by drankwinkels) en kruideniersware geroof.

•Al die rooftogte is binne minute verby.

•In al die rooftogte is verskillende voertuie gebruik, maar die vermoede bestaan dat dit dieselfde bende is.

•Met al die rooftogte het die rowers gevlug in voertuie sonder nommerplate. Van die voertuie wat gebruik is, is onder andere ’n blou Tata Indica, ’n blou BMW en ’n wit VW Golf GTI.

•In hul ondersoeke het hulle gevind dat die rowers ook goed voorberei by die slagoffers opdaag. Alles dui daarop dat hulle vir etlike dae, soms maande, die besigheid dophou.’n Week voor een van die rooftogte is die straatkamera voor die betrokke besigheid met paal en al gesteel. Die polisie het dit later in die veld gekry.

•Die vermoede bestaan dat dit moontlik dieselfde groep is wat etlike maande gelede verskeie besighede in en om Hendrina beroof het.

Hy het die volgende raad verskaf:

•Hou die parkerings voor jou besigheid fyn dop. As daar ’n voertuig stop sonder nommerplate met meer as drie mense in, druk eerder die paniekknoppie.

•As daar karakters vir lang tye voor jou besigheid of oorkant die pad rondstaan en jou besigheid dophou, stel jou sekuriteitsfirma daarvan in kennis.

•Sou rowers wel toeslaan by jou besigheid, moenie weerstand bied nie om jou personeel en kliënte se veiligheid te verseker.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button