Derde aand sonder Willem
’n Familie gaan moontlik vir die derde aand bed toe met die wete dat hul seun, Willem Kruger, nog nie gekry is nie.
Willem het Saterdag in die vroeë oggendure vanaf ’n lodge by Morgenzon gery op pad na hul huis in Groblersdal. Hy het egter nooit daar aangekom nie.
Sedertdien soek sy familie, vriende, noodgroepe en die polisie onverpoos na hom.
Twee helikopters word ook in die soektog gebruik.
•Willem het in ’n wit Hilux Dakar, registrasienommer FBH948L gery en ’n blou hemp en khaki kortbroek gedra.
Me. Marelie Nieuwoudt (Bethal gemeenskapspolisiëring) is saam met Willem se familie en het kort na 15:00 gesê dat Willem nog nie gevind is nie.
Enige inligting kan deurgegee word aan haar by 071 873 1184.
•Die Groblersdal Polisie kan ook gebel word by 013 262 8371 of 067 016 9907.
•Die Missing in SA organisasie het ook ’n lys nommers beskikbaar gestel wat gebel kan word, sou daar enige positiewe inligting wees wat sal lei dat Willem gekry word: Wendy 072 6497683, Matt 081 010 3888, Louise 083 285 5994, Grayham 076 712 7062, Leonardo 079 351 2160 of Connie 072 911 6124.
