Krugerdam se wal lek erg – vrese dat hy kan breek
Daar is weer kommer oor ’n groot stroom water wat deur Krugerdam se wal sypel na onlangse swaar reën watervlakke opgestoot het.
Mnr. Cobus Fourie het videomateriaal gestuur wat wys hoeveel water stroom deur die damwal.
Mnr. Fourie het op 18 April reeds die lekkasie onder die aandag van die Steve Tshwete Munisipaliteit se aandag gebring.
Daar was egter geen haas onder munisipale amptenare om aan die lekkasie aandag te gee nie, wat DA raadslid, Johann Dyason, aangespoor het om die probleem aan te spreek.
Hoewel ’n inspeksie van die wal op 22 April plaasgevind het, was daar nooit herstelwerk gedoen aan die wal nie.
Met onlangse reën lek die wal nou erg, en volgens mnr. Fourie sit die gat laag in die damwal en is hy bekommerd oor die moontlikheid dat die damwal kan breek.
@middelburgobserver Another leak springs in Kruger Dam wall (Middelburg)
