News

Laagwater bruggie vanwaar Willem verdwyn het bedrieglik in nag

Die laagwaterbruggie by die Henbase Lodge is bedrieglik in die nag en dit is waarom polisieduikers steeds na enige tekens van Willem Kruger se bakkie soek in die Vaalrivier.

Me. Marilé Nieuwoudt, wat een van die koördineerders is van die operasiesentrum na die soektog, sê sy ken die omgewing goed vanwaar Willem Saterdag in die vroeë oggendure verdwyn het.

Sy meld dat die persone wat die rampartytjie die naweek by die lodge bygewoon het, Vrydag oor die laagwaterbruggie gery het oor die Vaalrivier. Die hoofingang na die lodge is oor dié bruggie. Daar is wel ook ’n alternatiewe roete na die lodge.

Daar word steeds gesoek na Willem Kruger.

Me. Nieuwoudt sê dit is wel so dat die bruggie in die nag bedrieglik kan wees.

“Dit kan in die nag lyk asof jy reguit moet aanhou, maar daar is ’n skerp draai na links.”

Die aand wat Willem verdwyn het, het dit gereën en kon dit moontlik ook sig belemmer het.
Sedert sy verdwyning is alle inligting wat ingekom het, nagegaan.

Polisieduikers het gister en sal vandag na enige tekens soek of die bakkie dalk in die water beland het.

“Ons het op elke roete die veiligheidskameras by die uitgange van boere se plase nagegaan. Dit is nie CCTV kameras nie, maar ’n tipe kamera wat net die voertuig en registrasienommer nagaan. As jy byvoorbeeld ’n wit Hilux bakkie, soos Willem se bakkie, soek met sy registrasienommer, dan kan die kameras aandui of hy daar verby is of nie.”

Henbase Lodge is ’n gewilde oord.

Hulle het nie net die roete via Bethal na Middelburg nagegaan nie, maar ook alle ander roetes vanaf die Lodge, maar nêrens wys sy voertuig nie.
Dit skep die idee dat hy nooit die lodge verlaat het nie.

Kameras het gewys dat hy by die lodge in is, maar nie weer uitgegaan het nie.

“Ons moet alle moontlikhede ondersoek en dit is hoekom die polisieduikers en helikopters gebruik word in die soektog in die rivier. Ons taak word egter bemoeilik met die Vaalrivier wat in vloed is. Dit is nie onmoontlik dat hy uitgery het by die lodge nie en ons sal steeds alle inligting wat ons kry, opvolg.”

Meegaande foto’s: Henbase Lodge webtuiste.

’n Terreinplan van die pragtige lodge.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button