News

Hartroerende briefie vra Willem moet “terugkom”

Die verdwyning van Willem Kruger het die hele land en selfs mense van sover as Amerika se harte aangeraak en daar word dwarsdeur die land na hom gesoek en vir sy familie gebid.

Verskeie Facebookgroepe is gestig, met name soos “Verdwyning van Willem Kruger” en “Ons Soek Willem Kruger.”

Die groep “Verdwyning van Willem Kruger” het selfs ’n tydlyn saamgestel rakende die gebeure sedert daar na Willem gesoek word.

Daar is op die “Ons Soek Willem Kruger” ook reeds meer as 5 000 lede.

Die besondere Facebook-boodskap vanaf Lihandi Nel uit Amerika, verwoord egter elke persoon se bekommernis in haar brief.

“Liewe Willem,

Ek ken jou nie, maar volg jou storie! Ek sit in Amerika, en hier is selfs mense wat van jou praat en jou ken.

Ek weet nie waar is jy nie, ek wens soms die aarde en riviere kon praat en jou naam uitroep, selfs rookseine stuur.

Hoop in vandag se wêreld is ’n wrede woord, maar ek hoop vandag hulle kry jou!
Ek hoop daar waar jy is, is jy veilig en warm.

Ek hoop Liewe Jesus stuur sy gunsteling engele af om jou te beskerm, om jou veilig te hou

My hart wil skree, hoekom? Hoekom nog ’n jong man, hoekom nog iemand se seun, iemand se man, selfs ’n kind se pa dalk eendag, nog ’n boer, nog ’n mens.

Ek wonder soms hoekom ons nooit in die toekoms kan insien nie, maar op ’n manier is ek ook dankbaar want ek weet nie wat is die ergste nie, om te weet wat more inhou of om nie te weet nie?

Liewe Willem, ek hoop as jy veilig gevind word, besef jy hoe kosbaar jy is, besef jy hoeveel mense vir jou omgee, besef jy hoeveel vreemdelinge het vir jou gebid en selfs na jou soek!

Ek hoop daar waar jy is, is jy okay!

Ek kyk na jou foto en ek sien ’n ma en pa se seun, ’n kleinseun, ’n vriend, ’n boetie en jong boer!

Liewe Willem, kom tog terug, want ons kan nie nog ’n jong mens verloor nie…”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button