News

Help asseblief – Divan kan uit dwelmduiwel se kloue

Dwelmverslaafdes help mekaar as reël van die wal af sloot in.

Maar soms, wanneer die gemeenskap dit die minste verwag, breek ’n verwerpte druggie deur die bindings van die duiwel, van ’n gewisse dood deur na lewe!

Divan Ferreira is op pad graf toe.

Daar is egter ’n gerehabiliteerde verslaafde, wat liefs anoniem wil bly vanweë haar ma se hoë aansien in die dorp, wat uit haar pad gaan om Divan uit die donker na die lig te lei.

Divan het tans ’n geleentheid om vir rehabilitasie na Bread-of-Life in Sabie te gaan.

Divan Ferreira voor dwelms.

Dit gaan ’n intenseiwe jaar van onttrekking, aanpassing en selfontdekking wees.
Divan is gereed daarvoor.

Hy’t nou ’n partner wat hom uit die sloot uit, wal op wil help. Divan kan gered word met meer partners soos sy, en Middelburg was nog altyd ’n partner vir ons eie.

In ’n pleidooi aan die gemeenskap sê sy: “Die lewe van ’n verslaafde is tough, bitter sleg, elke dag se baklei net om jou oë oop te maak. Wanneer mense jou net afbreek en slegmaak, dra jy by tot die swaar las van ’n seun, broer, iemand se eerste liefde, ’n vriend, siel, Godskind”.

“Liefde, ooweldigende, eerlike, alomteenwoordige agapé Jesus-liefde, is al wat hierdie gebroke mense, wat van kleins af geleer het hulle is waardeloos, die moed te gee om te baklei teen wat die wêreld sê hulle is”.

Divan Ferreira voor dwelms.

Dis min dat “wenners” soos die jong meisie aan die “verloorders” soos Divan dink.
Maar die jongman neem haar gedagtes oor.

“Vandag wil ek praat oor Divan. ’n Gebore leier. Iemand wat jou laat voel asof jy die belangrikste persoon in die wêreld is”.

Divan het ’n moeilike lewe gehad. Dwelms was nie sy verskoning vir slegwees nie, dwelms is sy vergeet!

“Hy is uiters slim en het die vermoeë en die wilskrag om ’n buitengewoon wonderlike, invloedryke lewe te leef”.
Baie verslaafdes val net weer terug in hul ou gewoontes na rehabilitasie.

By Bread-of-Life is daar ’n gekwalifiseerde span, met Dorijn Verwey aan die stuur, wat vir Divan ’n kans op lewe wil gee.

Bread-of-Life sal na rehabilitasie ook drie maande oorsig oor Divan se integrasie terug in die gemeenskap hou.
Hulle kan hom help om verder te studeer, of werk te kry – ’n radikale transformasie!

Divan Ferreira soos hy nou die strate van Middelburg bewandel.

Wat Bread-of-Life uniek maak is die liefde.

Divan gaan lief gekry word. Hy gaan toegeooi word met liefde tot hy homself weer liefhet.

“Maar soos enige suksesverhaal is dit net moontlik met wye ondersteuning uit die gemeenskap”.

Daar word tans R10 000 benodig vir sy opname met ’n maandelikse fooi van R5400 per maand.

Divan het onderneem om die volle rehabilitasie deur te werk.
Hy is desperaat. Nie meer vir dwelms nie, maar vir uitkoms.

“As jy liewe leser geseënd genoeg is om Divan se droom te bewaarheid dat een ma minstens weet haar kind het ’n dak oor sy kop, kos in sy maag, ’n veilige hawe, hoop!, help asseblief”.

Inwoners wat wil help kan 072 792 3297 skakel, SMS of WhatsApp.

Die e-pos adres helpsavedivan@gmail.com kan ook genader word vir meer inligting.

“Divan gaan beslis ’n verskil in die toekoms maak”.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button