Willem steeds nie gevind nie
Willem Kruger is steeds nie gevind nie en sal daar more met ligdag weer voortgegaan word met die soektog in die Vaalrivier.
Mnr. Sakkie Louwrens (Bosveld Misdaad Ondersoeke) het pas bevestig dat daar nog geen nuwe inligting is nie.
‘n Facebookplasing is vandag gemaak waar ‘n vrou beweer het sy ry agter Willem se bakkie, maar dat dit nie hy agter die stuur is nie.
Mense het daarop reageer het vir haar gesê om die mense te bel wie die ondersoekers is. Volgens haar het sy die voertuig by ‘n kruidenierswinkel in Limpopo gesien.
Mnr. Phil Vermeulen (spesialis ondersoeker as deel van Mike Bolhuis se span) het die plasings onder oë gehad.
Hy is van mening dat dit nie genoeg bewyse is dat dit wel Willem se bakkie kan wees nie.
Hy het genoem dat daar tot mense uit Indië hom gebel het met kamtige inligting sedert die beloning van R200 000 rugbaar geword het.
- Enige nuwe inligting kan deurgestuur word aan mnr. Louwrens by 071 798 7954 of mnr. Vermeulen by 082 604 4598.
