News

Stoffberg boere vra hulp vir opknapping van dodelike Stoffbergpad

Boere weerskante van die R555 is nou gatvol vir gate en dongas op die Stoffberg-pad, wat hul vroue en kinders daagliks moet aandurf, terwyl hulle die land se kosmandjie volmaak.

Dié gevaarlike pad eis jaarliks talle lewens weens sy vervalle toestand, om nie te praat van skade aan voertuie nie.

Die departement maak hier-en-daar lappies teerpad reg, maar kontrakterus wat gebruik word, sny maar gereeld hoeke sonder toesig.

Boere het nou besluit om self in te spring en die pad te herstel.

Boer Jaap Meyer sê dat hulle daarna mik om permanent opknappings op die pad te doen.

Arbeid sal deur plaaswerkers voorsien word.
Materiaal is egter ’n probleem.

“Ons gooi gereeld sand, klip en gruis in die slaggate maar die trokke ry dit net weer uit,” sê mnr. Meyer.

Hy, en medeboere, het nou besluit om ’n volle dag opsy te skuif vir die regmaak van minstens 20km van die R555, tot by Laerskool Uitkyk.
Teergruis kos egter R3000 per ton.

Mnr. Meyer soek plaaslike borge wat elk ’n ton gruis kan borg.

Donateurs sal na die regmaak-dag genooi word, waarna die boere vir almal sal braai.

“Ons doen dit nie net vir ons eie behoud nie, maar vir die gemeenskap,” sê mnr. Meyer.

Namate donasies inkom sal daar op ’n datum vir die regmaak-dag besluit word.

Inwoners, besighede en maatskappye wat wil bydraes maak kan mnr. Meyer by 082 892 4977 skakel.

@middelburgobserver

Boere onderneem om self die Stoffbergpad te herstel, donasies van teergruis gesoek

♬ original sound – MiddelburgObserver

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button