News
Willem se bakkie waarskynlik nie in die rivier
Daar is besluit om die soektog in die Vaalrivier te staak, omdat die duikers en ondersoekers van mening is dat Willem Kruger se bakkie nie in die rivier is nie.
Mnr. Sakkie Louwrens (Bosveld Misdaad Ondersoeke) het pas gesê dat “ons niks anders in die rivier kry nie.”
Daar is klein artikels soos ‘n fles en mansplakkie langs die rivier gekry, maar daar is nie klinkklare bewyse dat dit aan Willem behoort nie.
“Die duikers, ensovoorts, is van mening dat die bakkie nie in die rivier is nie. Leidrade word opgevolg weg van die rivier af, maar nog geen konkrete plek of rigting is bepaal nie.”
Inligting kan deurgegee word aan mnr. Louwrens by 071 798 7954 of mnr. Phil Vermeulen (van Mike Bolhuis se span) by 082 604 4598.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
