News
Presidensiële beskermingsvoertuig rol op N4
Een persoon is dood en twee ernstig beseer in 'n ongeluk vandag (Sondag) op die N4 tussen die Woestalleen en Arnot afrit.

Die voertuig, ‘n swart BMW X5, het van Nelspruit in Middelburg se rigting gery en sowat 2km anderkant die Arnot afrit (Middelburg rigting) hdie pad verlaat en gerol.
Daar is op die toneel gesê dat lede van die Presidendsiële Beskermingsdienste in die voertuig was. Op die voertuig staan ook: “Presidential Protection Services.”

Die twee beseerdes, waarvan een ernstig, is per ambulans hospitaal toe vervoer.

- Kort na die ongeluk het van die persone wat in die ongeluk betrokke was, se kollegas in ander voertuie opgedaag en lank na die toneel gestaar en by die BMW-wrak gaan staan.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
