News

Vonke spat toe dief lig probeer steel

Die vonke het gespat toe ’n dief baie meer gekry het as die lig bokant ’n hek wat hy wou steel.

’n Hele paar skokke van die elektriese omheining het hom die aftog laat blaas.

Die gebeure het afgespeel by ’n huis in OR Tambostraat.

Mnr. Hans du Preez (Titon Sekuriteit) het die CCTV videomateriaal van een van hul kliënte beskikbaar gestel om te wys hoe die diewe te werk gaan om hoë ligte nader te trek en te steel.

Hier het hy die lig al naby reiklengte gehad, maar het die paal aan die elektriese omheinng geraak en het die vonke begin spat.

Op die videomateriaal kan gesien word hoe die dief met ’n lang stok, met waarskynlik ’n haak vooraan, die lig wat hoog bokant die hek op ’n paal is, nader trek.
Dit vat hom ’n rukkie om dit reg te kry.

Ongelukkig vir hom buig die paal reguit na die elektriese omheining se kant toe.
Die oomblik toe hy die lig wil losdraai, begin die vonke spat. As ’n mens mooi kyk, sien jy die vonkies.

Dit is duidelik dat die omheining hom skok, want jy sien ten minte agt of nege vonkies, voordat die man seker genoeg gehad het van die skokke, alles net so los en wegstap.

•Die stok met haak vooraan, herinner sterk aan ’n riet met ’n draadhaak daaraan wat in Oktober in ’n erf in SADCstraat gevind is.

Die lang riet met die draadhaak (waarskynlik gemaak met ’n draadhanger) waarmee ’n dief in Oktober artikels wou steel.

Die huiseienaars het vermoed die persoon wou die riet en haak gebruik om goed in die erf nader te trek, maar hul honde het hom waarskynlik die skrik op die lyf gejaag.

@middelburgobserver

Thief undergoes a shocking surprise during attempt to steal cables from a lamp post

♬ original sound – MiddelburgObserver –

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button