News
Kinders sing ‘My God is so Groot’ vir Willem se veilige terugkeer
Helder kleuterstemmetjies het vanoggend ‘My God is so Groot’ gesing en kersies aangesteek om saam met Suid-Afrika te bid dat Willem Kruger gevind sal word.

Kleuterskool Klouter Klitsies in Groblersdal het dié besondere geleentheid vanaf 08:00 gehou in die tyd waar daar gevra is dat almal sal saambid dat hy gekry sal word.

• Kleuterskool Noem-Noempie in Marble Hall se drie en vierjariges het ook by kerslig saamgebid.
• Die Daller joernalis, Janine Saayman, het die Klouter Klitsies besoek en saam met die personeel en kleingoed kerse aangesteek, gebid en foto’s geneem.


@middelburgobserver Kleuterskool Klouter Klitsies bid saam dat Willem Kruger gevind word
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
