News

Willem se pa sê dankie vir hulp en ondersteuning

Willem Kruger se pa, Tian, het vanoggend ’n persverklaring uitgereik nadat sy seun se bakkie en liggaam gister uit die Vaalrivier gehaal is.

“Op Dinsdag, 22 November, om 10:00 het die duikers ’n staalstruktuur ontdek in die Vaalrivier naby Henbase Lodge, wat toe as Willem se Toyota Hilux bakkie geïdentifiseer is.

“Die voertuig is uit die Vaalrivier gehaal en Willem se liggaam is ook gevind.

“Die saak word beheer deur die polisie in samewerking met mnr. Sakkie Louwrens van Bosveld Misdaad Ondersoeke.
“Die voertuig is gestuur vir forensiese analise en daar sal ’n nadoodse ondersoek op Willem se liggaam gedoen word.

Willem Kruger se familie sê dankie vir elke persoon wat gehelp het om na hom te soek.

“Baie dankie aan mnr. Louwrens en sy span wat van die begin af die ondersoek en soektog hanteer het en alle inligting met die polisie gekoördineer het.

“Van die familie se kant af, wil ons almal wat hulp verleen het tydens die soektog bedank, asook elke persoon wat ons en Willem in hul gebede opgedra het. Ons is oneindig dankbaar vir al die ondersteuning.

“Vir enige verdere inligting of navrae, kan mnr. Sakkie Louwrens gekontak word by 071 798 7954.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button