News

Boef sluip en kruip heen en weer in erf

’n Betreder het Maandagoggend heen en weer in ’n erf in Kanonkop rondgesluip en op ’n stadium selfs gekruip.

Mnr. Arthur Hill (Middelburg Dagpatrollie) sê hulle het ongelukkig eers omtrent twee ure later van die voorval in Olienhoutstraat gehoor.
Hul patrollielede het wel gaan rondry, maar die kwaaddoener was nêrens te sien nie.

Die booswig het kort na 07:00 bo oor ’n muur met elektriese heining geklim en in die erf gespring.

Hy tree geweldig vreemd op, want hy klim weer op die muur, asof hy wil uitspring, maar spring dan net weer terug by die erf in.

Kort nadat hy die wendyhuisie van alle kante af bekyk het, gaan kruip hy agter ’n hoop, wat lyk soos stene, langs die wendy weg. Dit is asof hy wegkruip vir iemand in die straat.

Dan lyk dit letterlik of hy handeviervoet rondspring heen en weer in die erf, opkom en dan half gebukkend rondloop.
Die volgende oomblik kom ’n vrou by die deur uit en verander die betreder se houding.

Hy loop half nonchalant in haar rigting as sy hom konfronteer, draai dan weg, loop na die muur en spring uit die erf.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button