News

Dief maak hek met bankkaart oop om skootrekenaar te steel

’n Dief het Woensdagoggend minute nadat ’n vrou by ’n prokureursfirma ingegaan het, ’n bankkaart gebruik om die slot van ’n veiligheidshek oop te maak en ’n skootrekenaar te steel.

Me. Lelanie Gibbs (Gibbs Prokureurs) voel steeds kriewelrig oor die gebeure en is dankbaar dat haar personeellede nie aangeval of beseer is nie.
Wat haar bekommer is hoe maklik hy by die veiligheidshek ingekom het.

’n Mens sien op die buite CCTV videomateriaal hoe een van haar personeellede stop en by die gebou ingaan.
In die agtergrond kan ’n mens sien hoe die booswig in die straat verbystap.

Kort nadat sy in is, sien ’n mens hoe hy heen en weer aan die straatkant verbystap en dan inloop by die perseel.

Die videomateriaal wys nie hoe hy spesifiek ingaan nie, maar die veiligheidslot was toe en daar is geen manier dat hy ’n sleutel kon gehad het nie.

Me. Gibbs sê al ander logiese verduideliking is dat hy ’n bankkaart in die slot gedruk en dit so laat uitspring het.
Die veiligheidsdeur word van binne af met ’n knoppie vir kliënte oopgemaak.

Hy moes van buite af die vroue, wat in die gebou was, dopgehou het, want hulle was in ’n ander vertrek en nie voor by hul lessenaars toe hy inkom nie.
Minute later sien ’n mens hoe hy vinnig uitstap.

Alhoewel die skootrekenaar (HP) nie sigbaar is nie, kan jy sien hoe hy weer by die gebou uitstap.

• Die dief het ’n blou oorpakbaadjie gedra met ’n naam van ’n besigheid in rooi agterop geskryf. Die presiese naam kan egter nie uitgemaak word nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button