News

Water stroom soos rivier deur huis se dak

Middelburg is die afgelope paar weke getref deur erge storms waar ’n boom deur weerlig aan die brand geslaan is en die munisipale dam se sluise is twee dae terug al oopgemaak.

Daar is egter seker niks so erg as om in ’n huis te wees wanneer dit reën en die dak lek nie.
Of dalk erger, wanneer water soos ’n rivier deur die dak stroom!

Huurders op ’n kleinhoewe op die Loskopdampad het die afgelope twee weke steen en been gekla oor die toestand van hulle huise.
Die huurders verkies almal om anoniem te bly.

Behalwe vir die lekkende dakke, het een van die huurhuise se dak die naweek afgewaai.

Videomateriaal van hulle omstandighede nog voor Saterdag se storm, is gedeel om die werklikheid van hulle probleem vas te vang.

Die verhuurder sê die huurders was bewus van die huise se toestand voordat hulle ingetrek het en was tevrede daarmee.

Nog ’n berig oor die huurders se dilemma verskyn hierdie week se uitgawe van die Middelburg Observer.

@middelburgobserver

Water stroom soos ’n rivier deur huis se dak

♬ original sound – MiddelburgObserver –

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Tobie van den Berg

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button