News

Watertekorte regdeur dorp tot Sondag verwag

Intussen het die munisipaliteit ook aangekondig dat hulle gesluit sal wees van 27 tot 30 Desember vir vier dae.

Inwoners staar ’n watertekort in die gesig, indien hulle nie ag slaan op die munisipaliteit se waarskuwing om gedurende die naweek nie water onnodiglik te mors nie.

Die munisipaliteit werk al sedert Woensdag aan die hoofpyplyn, wat rouwater aan die Vaalbank-suiweringswerke voorsien.
Dié lyn word tans opgradeer om ’n groter hoeveelheid water na die suiweringswerke te vervoer.

Omtrent die hele dorp kan watertekorte verwag.

Inwoners van Mineralia, Aerorand, Mhluzi, Tokologo, Newtown, Rockdale, Nasaret, Kanonkop en Dennesig sal veral geraak word.
Die opgradering behoort teen Sondag voltooi te wees.

Watertoevoer sal herlei word na die Pienaardam en die Walter’s Weir pompstasie.

As die reservoirs egter leegloop, sal besliste tekorte in hoërliggende areas soos Kanonkop, ervaar word.
Inwoners word gevra om spaarsamig met die beskikbare water te werk.

Daar word onder meer gevra dat tuine nie nat gemaak, of swembaddens volgetap word tydens die onderhoudswerk nie.

• Intussen het die munisipaliteit ook aangekondig dat hulle gesluit sal wees van 27 tot 30 Desember vir vier dae.

Personeel aan diens gedurende die tyd sal vier dae grasie verlof in die nuwejaar kry.

Munisipale betaalpunte sal ook gesluit wees.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button