News

Bolhuis reageer op vals WhatsApp boodskappe wat rondte doen

Bekende privaatspeurder Mike Bolhuis is omgekrap oor Whatsapp boodskappe oor Willem Kruger se afsterwe wat tans die rondte doen waar sy naam ook gebruik word.

Hy het pas ‘n projek uitgestuur waarin hy presies hul gevoel uitspreek ten opsigte van vals inligting wat versprei word.

‘n WhatsApp boodskap, wat oral versprei word sê onder andere dat: “met die nadoodse ondersoek op Willem geen water in sy longe gekry nie.

Hy was met ander woorde voor hy die water getref het al dood.”

Dit sê voorts dat “‘n moordsaak is oopgemaak met vier aanklagtes. Dit weet ons al ‘n rukkie, die familie wou als net stilhou tot die begrafnis verby is.”

‘n Volgende boodskap sê dat daar ‘n bakleiery was.

” ‘n Bediende het hulle almal sien wegjaag agter Willem. Sy en haar kinders is nou in veilige bewaring.”

Nie net oor die bewering nie, maar ook oor die res van die boodskap is Bolhuis baie kwaad.

Daar word gesê: “Mike Bolhuis doen die hele ondersoek verniet vir Tian.

Sy sitplekgordel was aan en sy kar was in neutraal, so lyk nie goed nie.”

In antwoord hierop het mnr. Bolhuis genoem “dat mense nie net aannames moet maak nie! Dit is onwettig as mense goed aanstuur. Hoorsê informasie moet altyd eers omskep word in feitelike informasie.”

In die projek wat hy beskikbaar gestel het, maak hy hul gevoelens duidelik oor wat hulle dink van die boodskappe:
“Ons gespesialiseerde veiligheidsdienste (SSS Specialised Security Services) is woedend oor die hoeveelheid verkeerde inligting of vals inligting wat die rondte doen op sosiale media rakende die
ongelukkige afsterwe van mnr Willem Kruger.

Enige spekulasie of gerugte is onaanvaarbaar.”

Hy sê die bewerings wat gemaak is, is leuens en sê:
• Geen moordsaak is geopen nie.
• Geen verslag rakende mnr Willem Kruger se lykskouing is vrygestel nie.
• Hierdie verslag word eers oor ongeveer 3 – 4 weke verwag.
“Daar kan dus geen feitelike gevolgtrekking gemaak word oor die rede waaraan mnr
Kruger oorlede is nie.”

Die verslag meld ook dat hy nie die familie beskerm deur enige inligting te weerhou ten opsigte van die polisie of ander owerhede nie.

“Die SSS spesialis ondersoeker het die verskillende rolspelers wat betrokke is by
die algehele ondersoek op 2 Desember 2022 gekontak.

Die verregaande gerugte en leuens wat op sosiale media die rondte doen, is kommerwekkend vir
ons ondersoekspan en traumaties vir die gesin wat hul verlies moet hanteer.

Mnr. Bolhuis sê ook dat die polisie se ondersoekbeampte bevestig het dat slegs ‘n
geregtelike doodsondersoek by die Morgenzon polisie geregistreer oor hierdie saak.
“Geen ander sake is geopen of word ondersoek nie.”

Hy is van mening dat enige boodskappe wat op sosiale media versprei word, net vals sensasie” is en nie versprei mag word nie.

Hy vir die joernalis gesê dat selfs feitelike inligting “nie mag of moet jy nie net aanstuur nie, tensy jy toestemming het, ‘n veiligheidsoffisier is, dit tot voordeel van die publiek is.”

Mnr. Bolhuis het dit duidelik gestel dat mense hulself die vraag moet afvra hoe dit jou, jou familie, jou gemeenskap en jou omstandighede kan affekteer as ‘n boodskap aangestuur word.

“Al hoe jy ‘n ingeligte besluit kan neem is deur deeglike evaluasie, identifikasie en risiko analisering.”

* Hy het pas genoem dat hy vandag met die Kruger familie kontak gemaak het en dat hulle om verstaanbare redes nie enige kommentaar wil lewer op die vals stories wat versprei word nie.

Hulle het ook gevra dat hul privaatheid tans gerespekteer word.

Enige persoon wat inligting rakende die saak met hulle wil deel, kan spesialis ondersoeker Phil Vermeulen bel by 082 604 4598 of stuur ‘n e-pos na philv@mikebolhuis.co.za

 
Back to top button