News

Man van maroen kar gaan klagtes lê

Volgens die werknemer het hy die betrokke dag in die straat gestop, omdat daar 'n probleem was met een van sy bande.

Die eienaar van die maroen kar sê hy gaan klagtes lê teen die jong man wat vroeër vandag met ‘n joernalis gepraat het.

Volgens hom was daar beslis geen sprake van ‘n kaping nie.

Mnr. Anton Engelbrecht het namens sy werknemer (wie se naam op hierdie stadium weerhou word) met die joernalis gepraat.

Pitbulterriër verjaag vier kapers

“Hy werk al jare vir my en hy sê dit is nie die storie soos die jong man dit vertel het nie.”

Mnr. Engelbrecht het aangedui dat hulle polisiestasie toe gaan oor die aangeleentheid.

Volgens die werknemer het hy die betrokke dag in die straat gestop, omdat daar ‘n probleem was met een van sy bande.

Hy meld dat die jong man op hom afgestorm het, op hom geskree het en ‘n wapen teen sy kop gedruk het.
Volgens hom het hulle nie eers uit die kar uit geklim nie.

Mnr. Engelbrecht sê sy werknemer het onlangs die karretjie gekoop.

“Daar het klaar mense my gekontak en gesê die kar staan voor my besigheid. Dit gaan groot moeilikheid vir hom nou veroorsaak!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button