News
Kees beklim-en-beklouter steeds Aerorand se dakke, mure, bome
Aerorand se driepoot bobbejaan doen steeds die rondtes van vader Cloete.
Hy spring van erf tot erf en is nou al regdeur die woonbuurt gewaar.
Hoe langer hy in die area is hoe groter die kanse dat hy binnekort dalk ’n onwelkome ontmoeting met mens of troeteldier kan hê.
Lees ook: Driepoot kuiergas met swepe deur Kosmospark inwoners verjaag
Wyksraadslid Hennie Niemann sê die bobbejaan moet geskuif word, maar dat hy nog niemand in die hande kon kry om dit te doen nie.
Die hulp van die plaaslike veediefstal en bedreigdepsesies eenheid is nou ingeroep.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
