News

Kranspoort vandag skoongemaak

Motoriste wat op ’n daaglikse basis deur Kranspoort moet ry, is dankbaar dat die poort vandag skoongemaak gaan word.

’n Boodskap word geserkuleer dat die poort skoongemaak gaan word.

Die boodskap sê ook dat die veiligheidsborde, wat die bane moes verdeel, deur die nag platgery is en dat mense baie versigtig moet wees.

’n Trok, wat swael vervoer het, het in die poort omgeslaan en die hele vrag swael is in die poort gestort.


Gister het bekommerde motoriste laatmiddag laat weet dat die swael weer begin smeul het en is ’n video van die swaelrook gestuur.

Lees ook: Kranspoort ure gesluit na suurtrok omslaan, brand

Mnr. Rudolph Uys (brandbestrydingsoffisier) het gemeld dat mense nie hul vensters moet oopmaak as hulle daar verby ry nie, aangesien die rook skadelik is.

Hy wou die brandweer laat uitgaan om die smeulende swael te gaan natspuit, maar minute later het die natuur die probleem opgelos toe dit begin stortreën.

• Daar word gevra dat motoriste baie stadig deur die poort sal ry om die veiligheid van die skoonmaakspanne te verseker.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button