News

Jong man sê: ‘dit was alles een groot misverstand’

Die jong man wat in Desember gesê het dat vier kapers gevlug het toe hul pit bulterriër op hulle afgestorm het, het gesê dat “alles een groot misverstand was.”

Die man (wat gevra het dat sy naam nie genoem word nie) het hierdie week gesê dat hy tydens ’n ontmoeting en mediasieproses met die mans wat hy beskuldig het, besef het dat hy die situasie verkeerd kon verstaan het.

“Ek het gedink dit is kapers omdat hulle agter my gestop het en met wat tans in Suid-Afrika aan die gang is, het ek die situasie verkeerd hanteer. Ek het uit selfbeskerming uitgestorm en ook die hond losgemaak.”

Hy sê die voertuig het weggery nadat hul hond, Danny, uitgekom het.

Lees ook: Pitbulterrier verjaag vier kapers

• Die voorval het in Pleinstraat gebeur en hy het die betrokke dag gou by hul huis gestop om vir sy ma sigarette te gee.

Hy het uit die kar gespring en die deur oopgelos, met die sleutel in die aansitter.
Die volgende oomblik het hy die voertuig agter hom sien stop met die vier mans in.

Lees ook: Man van maroen kar gaan klagtes lê

Hy het vir sy ma geskree om die hek toe te maak en in te gaan, maar sy het agter die hek bly staan.

Omdat hy gevoel het dat daar moontlike gevaar kon wees, het hy vir haar gesê om weer die hek oop te maak, waarop Danny na buite gestorm en die voertuig gery het.

“Ek sien in dat ek alles verkeerd kon verstaan het en dat dit een groot misverstand was. Hulle was nie kapers nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button