News

Drie bakkies in jaagtog voor Willem verdwyn

Die polisie het géén voertuig gekonfiskeer in hul ondersoek na Willem Kruger se dood nie.

Bewerings word op sosiale media gemaak dat Janneman Uys se voertuig gekonfiskeer is.

Brig. Selvy Mohlala (provinsiale woordvoerder) het egter gesê “dat ons nie ’n voertuig van enigiemand gekonfiskeer het nie.”

Janneman is vanoggend gekontak na daar talle bewerings gemaak is op Facebook en ander sosiale media soos Instagram.

Daar is onder andere op die Instagram groep “Baklei vir Boere” gesê dat Janneman se bakkie ongedeerd by die lodge aangekom het, “maar die volgende oggend vol duike en stampe, met ’n af spieëltjie” was.

Die plasing wat Baklei vir Boere op Instagram gedeel het.

Verder is beweer dat die polisie die bakkie gekonfiskeer het vir verdere ondersoek.

Die boodskappe is wyd op Facebook gedeel.

•Janneman wou nie kommentaar lewer nie en het net dié WhatsApp vir die joernalis gestuur:

“Ek het my samewerking vir die polisie gegee en gehelp sover ek kon. Ek respekteer die polisie en hulle harde werk.
Ek wil nie hulle ondersoeke belemmer of beïnvloed nie. Ek dink ons moet die proses toelaat om sy gang te gaan.
Ek sal dalk later bereid wees om te gesels, maar nie nou nie. Ek hoop tannie verstaan en respekteer my besluit.
My ma en my familie gaan ook deur ’n moeilike tyd oor iets waarin ek geen rol gespeel het nie.”

Lees ook: Willem se pa soek die waarheid oor sy seun

• ’n Vrou het kort na die gebeure by Henbase gesê dat hulle as kampers agtergekom het daar is ’n rampartytjie die aand aan die gang “soos hulle tekere gegaan het.”

Daar is ook gesê dat die bestuurders van drie bakkies, wat deel was van die groep by die rampartytjie, mekaar op ’n stadium gejaag het op die Henbase Lodge se perseel.

’n Anonieme bron sê dat een van die rampartytjiegangers al voorheen in die moeilikheid was na ’n ongeluk en dat daar eise teen hom ingestel is. Wat van die eise geword het, kon die bron nie bevestig nie.

•Die voortslepende bespiegelinge kom nadat die jong boer van die Loskop Vallei, Willem Kruger, by die Henbase Lodge verdwyn en sy bakkie dae later in die Vaalrivier gekry is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button