News

Mielie roer hartsnare, hommeltuie op pad om te help soek

Die verhaal van Mielie het die land se hartsnare geroer en hulp stroom in om die geliefde hond op te spoor.

Kevin Ruthven het die verhaal van sy Australiaanse beeshond, Mielie, wat vir die laaste drie jaar soos sy skadu was met die Middelburg Observer gedeel.

Kevin, Mielie en die Jack Russel Brood, is legendes en het selfs ‘n Facebookblad, Bergloper en MielieBrood met ‘n 1 300 volgelinge op.

Die drieling is egter van mekaar af geskei toe hulle Maandagmiddag om 15:00 in die bos langs die Olifantsrivier gaan stap het.

Mielie, wat die plaas goed ken, het iewers in die bos weggeraak, en sedertdien soek Kevin en Brood onverpoos na hulle derde musketier.

Lees ook: Hartroerende soektog na hond – ‘sonder Mielie is Brood net Brood’

Brood en Mielie op die plaas.

Kevin vertel egter dat sy storie impak gemaak het, omdat hulp en ondersteuning intussen van regoor die land begin instroom het.

“Daar is ‘n man, sy dogter en hulle vriend wat more 06:00 vanaf Johannesburg af kom met hommeltuie. ‘n Vrou van Gauteng af sal ook more met haar spoorsnyhond deurkom. Hulle sal Vrydagaand oorslaap en dan Saterdagoggend help soek na Mielie. ‘n Vrou uit eMalahleni probeer ook tans om ‘n groep saam te span met honde.”

Kevin sê dat daar ook boodskappe van ondersteuning vanuit Vredendal, die Weskus, Rustenburg en die Kaap instroom.

‘n Middelburg inwoner het ook vroeër laat weet dat sy oortuig is sy het Mielie in Piet Groblerstraat, in die veld tussen Dennesig en Kanonkop, gesien.

Die Middelburg DBV is ook bewus van Mielie, en daar word gevra dat indien iemand Mielie iewers sien, om vir Kevin op 076 737 3910 ‘n WhatsApp te stuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button